Ons dink: 4/5

Die album skop met mening af met die titelsnit. Dan volg You Got It van Roy Orbison en hier teen African Dream in sy nuwe baadjie weet jy dié ouens weet hoe om hul stempel op ander se treffers af te druk. Maar dis hul eie liedjies wat die asem wegslaan; eers bokspring jou hart met Mona Lisa Jy en sommer weer met Niks Kan Jou Ooit Wegneem van My.

Ek wens al die liedjies was ballades, maar moenie die vinniger snitte weggooi nie. Die hoogtepunt? Vir seker Madiba. As die wysie bekend klink, dis op die maat van die 80’s-treffer Keeping the Dream Alive van die Duitse popgroep Münchener Freiheit. Verruklik.

– HAIDEE MULLER