Ons dink: 4/5

Dié album is Louis Loock se eerste solo-CD en dis sowaar uitmuntend. Romanz-aanhangers kan nog uitsien na ’n tikkie van dié groep se klank in Louis se musiek, maar moenie ’n fout maak nie: Hy doen sy eie ding en weet net hoe om geleende liedjies sy eie te maak. Luister maar na Bon Jovi se Bed of Roses en As Jy in My Skoene Staan. As dit bekend klink, dis die wysie van Daniel Bedingfield se If You’re Not the One, maar ’n aangepaste, Afrikaanse weergawe.

Daar is soveel hoogtepunte op dié album dat ’n mens nie iets wil uitsonder nie, maar as jy moet: Vlieg Saam met My op Vlerke van die Wind en die laaste snit, Ek Skuld Jou, ai-jai-jai! Hol dadelik winkel toe vir dié een. Jy gaan luister, weer luister en weer . . .

– Haidee Muller

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.  pricecheck-new