Ons dink: 3/5

Juanita du Plessis is goed vertroud met die wenresep wat haar aanhangers gelukkig hou. Tog laat die sexy omslag ’n mens iets anders en oorspronkliks verwag. Die album lewer oorgenoeg sokkietreffers op. Onder hulle staan Sterrelose Hemel met sy stadiger tempo uit. Juanita verleen gravitas aan hierdie praglied geskryf deur Rudi Claase.

Op die loslitnommertjie Kaalvoetkind sing haar ewe talentvolle kinders Ruan en Franja saam. Hoewel hier iets is vir elke smaak, val die snitte nie almal ewe goed op die oor nie. Maar moenie ’n fout maak nie: Jy Voltooi My gaan sorg vir sommer ’n hele paar groot treffers in 2013. En ja, Juanita-aanhangers sal weer en weer na van die nommertjies op die album wil luister. Druk hom gerus in jou CD speler.

– HAIDEE MULLER

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.