Ons dink: 4/5

Dié CD wil jy dadelik kliphard speel asof dit ’n lekker kuier om die kroeg op ’n Saterdagaand is. Nommer Een bevat op en wakker treffers en Jakkie gaan sy aanhangers bitter bly maak met hierdie enetjie. Daar is darem stadige snitte ook as jy moeg gekuier is, soos die spesiale wiegieliedjie vir sy dogter, Linke.

Ek glo die vrolike Brannas en Coke gaan ’n groot treffer wees; ’n mens kan hom al oor die luidsprekers daar by die braaivleisvure en feeste hoor. Daardie wysie steek in jou kop vas lank nadat jy die CD klaar geluister het. Sê my maar weer oor die liedjie Sharrap en Dans wanneer jou voete vanself begin lewe kry.

Sit hierdie CD in die speler en glo my, jy gaan brand om dadelik makietie te hou. Lekker, Jakkie, baie lekker.

– HAIDEE MULLER

Op soek na ’n beter prys? KLIK op die mier.  pricecheck-new