Ons dink: 4/5

Wanneer Gerhard Steyn se nuutste album begin, laat dit jou dadelik aan sy treffer Diamante vir Jou dink. Dis onmiskenbaar Gerhard. Maar jy besef gou daar is ’n verskil, want dié musiekvonds is die gewilde sanger se eerste gospelalbum.

Jy gaan dalk nie opspring en saamdans soos met sy sekulêre treffers nie, maar dié moet jy weet: Op ’n hele paar nommers sal jy heerlik saamsing. Dis veral die ritmes van Soldaat van God en Elke Dag wat aansteeklik is.

Daar is ook ’n hele paar rustiger aanbiddingsliedjies. Dis so mooi en opreg uit Gerhard se siel, jy raak sommer net daar in jou kar stil en

beleef dit saam met hom.

– ALET VAN ZYL