Ons dink: 4/5

Die Heuwels Fantasties se vorige twee albums, hul gelyknamige debuut en Wilder As die Wildtuin, het nie net albei goue status bereik nie; dit het die groep sommer stewig in die Afrikaanse musieklandskap vasgemessel.

Die woordspeling en rympatrone in Ek Sou Wou laat jou sommer gou die omslag gryp sodat jy ekstra vinnig die woorde kan leer vir saamsing. En nes jy dink welgedaan, ouens, hoor jy die Gugulethu Tenors in Koolstof Drome, die saksofoon in Warrelwind Saadjie en die Ierse doedelsak en banjo in Die Volkslied. Sjoe!

– Elisma Roets

Op soek na ’n beter prys? KLIK op die mier. pricecheck-new