Die talentvolle liedjieskrywer en sanger, wat voorheen sy ding vir die groep Wasserfall gedoen het, het eindelik sy solo-album uitgereik. Dit het ’n deurlopende liefdestema en die titelsnit is reeds ’n treffer. Van die 13 liedjies, almal oorspronklik, is agt uit Dewald se pen, twee deur Johan Vorster en drie wat die twee manne saam geskryf het.

Luister mooi na die duet My Hart Se Hongersnood saam met Karlien van Jaarsveld, en die liedjies Suikerbos en Duisend Jaar se nuwe baadjies is verfrissend. Dié CD is op ons lys van albums van die jaar. Alles (musiek, lirieke, die produksie) bied waarde vir geld. Kry hom!

– Jo-Mari Mathewson

 Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.