Ons dink: 4/5

Die openingsnit, Sirene Serenade, is my gunsteling van die jaar – net jammer dis so kort. Die oud-Worcesteriet Danelle de Vries het ’n stem wat die siel sagkens salf. Dié popalbum is baie liriekgedrewe en die skakerings van haar stem help skilder aan ’n album wat ’n mens ’n paar keer ná mekaar wil luister.

Sy het die meeste van die Afrikaanse snitte geskryf, behalwe Jou Wimpers Waai vir My uit die pen van die duo Hulle se Johan  Oberholzer. Die Heuwels Fantasties se Hunter Kennedy en Pierre Greeff sing saam met haar Vier Wêrelde, ’n kombinasie wat verbasend goed werk. “Die natuur is dalk my grootste invloed,” het sy al in ’n onderhoud vertel. En dis waar ’n mens na haar wil luister: iewers onder ’n boom met die wolke wat in die lug saam met die liedjies hul vorm verander.

– PIETER VAN ZYL

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.