Met sy vaardigheid en talent verstom André Rieu gereeld gehore wêreldwyd en sy konsert Live in Sydney is geen uitsondering nie.

Die bonus-DVD daarby maak dit ’n wonderlike kopie – daarop kry jy ’n kykie na wat agter die skerms by sy reuse verhoogproduksie gebeur. Van die hoogtepunte is hoe ’n slak bouwerk aan die stel tot stilstand laat ruk en wanneer André nonne vra om te bid dat die weer mooi sal bly.

Ál jammerte is dat die kommentaar meestal in Nederlands is; onderskrifte is daarom nodig.

Ons dink: 4/5