captain america Die syfers

11

skurke in ’n hyser teen Captain America. Kinderspeletjies, natuurlik . . . Die eerste gevegstoneel is fantasties en die begin van ’n behoorlike wipwaentjierit!

25

minute is hoe lank dit Anthony Mackie geneem het om sy Falcon-pak aan te trek.

5

maande se voorbereiding – dis hoe lank dit Sebastian Stan geneem het om voor te berei vir sy rol as Bucky/Winter Soldier. “Ek het gaan grawe in die geskiedenis van die hele Koue Oorlog. Ek het gekyk na die KGB. Ek het na allerhande spioenasieflieks en dokumentêre programme oor daardie tydperk gekyk.”

4

Chris Evans en Scarlett Johansson was al saam in soveel flieks: The Perfect Score (2004), The Nanny Diaries (2007), The Avengers (2012) en nou Captain America: Winter Soldier.

Deur Jeremy Petersen

Bronne: www.movies.inquirer.net, www.comicbookmovie.com, www.marvel.wikia.com.