Op die voorblad van hierdie boek is ’n foto van die akteur Matt Damon as aksieman en die woorde Green Zone veel meer prominent as die titel. ‘‘Now a major motion picture’’ word ook uitbasuin.

Is dit ’n fliek oor ’n boek? Of ’n boek oor ’n fliek?

Nee, dis ’n heruitgawe van die 2007-boek oor Amerika se besetting van Irak wat nou steun op ’n fliek wat die boek vir nie veel meer as inspirasie en agtergrond ingespan het nie.

Imperial Life in the Emerald City is analitiese beriggewing op sy beste.

Rajiv Chandrasekaran, ’n korrespondent van die Washington Post, vlek die derms oop van Amerika se duur poging om die vernietigde Irak te herbou na die patroon van ’n liberale Amerikaanse demokrasie ná die val van Hoessein.

’n Verslag van ’n tragiese verlies van lewens en geld.

Imperial life in the Emerald City by Rajiv Chandrasekaran

Bloomsbury, R130

Rating: 3/5