“Sy is ’n konsentrasiekampkind. Hy’s ’n Ier wat vir haar maar dieselfde is as ’n Engelsman. ’n Kakie. Hy’s ’n moordenaar van haar mense. Hoe kan sy hom liefhê?”

Willemien se oupa, ma, suster en boeties is almal in die oorlog dood en daarby is sy ’n taalstryder.

Hoe kan sy dan haar land verlaat om agter ’n man aan te trek? Maar reeds die eerste keer toe sy die man met die swart kuif en hemelsblou oë by ’n vermaakaand raaksien, sit haar hart met haar op hol.

Daar is egter nog ’n man met wie sy rekening moet hou: Theron du Toit, wat net so lief is vir sy taal en sy land soos sy en wat gedigte so pragtig kan voorlees.

Chanette Paul se reeks storieboeke oor die Davel-vroue was so gewild dat dit nou heruitgegee word – met nuwe voorblaaie en in groter formaat.

Chanette skryf voor in die boek dat die karakter Willemien haar baie na aan die hart lê, want sy is net so passievol oor haar moedertaal.

Elke maand van Julie tot Januarie ver­skyn een van die sewe boeke in die reeks oor die Davel-vroue.

Willemien deur Chanette Paul

LAPA Uitgewers

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.