Wilhelmina Radebe kom tuis deur Marinda van Zyl

LAPA Uitgewers

Ons dink: 3/5

Eenvoud is kuns. Dit word opnuut bewys deur die naaswenner in LAPA se onlangse romankompetisie. In onpretensieuse Afrikaans word vertel van Wilhelmina en haar gesin, familie, vriende, kennisse.

Wilhelmina stam uit swart mense wat net Afrikaans kon praat. Sy is self so Afrikaans as wat kan kom.

Sy loop haal haar storie by haar oupa, wat vir Paul Kruger ’n agterryer was. ’n Politieke leitmotiv is onvermydelik. Maar dis nie werklik ’n politieke roman dié nie; eerder ’n menslike roman, ’n lewensverhaal.

Afrikaanses wat steeds nie weet (of wíl weet) wat duisende landsgenote deur die loop van die vorige eeu deurgemaak het nie, kan heelwat uit die lees van hierdie boek wys word.

Ongelukkig veroorsaak die persepsie dat álle Suid-Afrikaners tans slegter daaraan toe is as in Wilhelmina se jeug, ’n amperse gelatenheid teenoor die historiese lyding van swart Suid-Afrikaners.

Dalk is dié “gelatenheid” begryplik, maar dit sal nogtans jammer wees om hierdie boek by jou te laat verbygaan.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER