Ons dink: 3/5

Die heuningboer is mooi en op die oog af ’n be-dreiging vir die Waterbergse gemeenskap waarin sy woon.

Die meeste mense sien haar net op markdag wanneer sy haar heuning op die dorp kom verkoop. Sy maak hulle ongemaklik met haar stomheid, haar vrou-alleenbestaan in die beboste Ruig, haar deurskynende kleredrag.

Niemand weet waarvandaan sy kom nie. Vir die plaaswerkers is sy Vrekbek, vir die skoolseuns Honey en die volwassenes vertel onvleiende stories oor haar, soos dat sy ’n heks of ’n hoer is. Maar sy is nie sonder simpatiseerders nie.

’n Brand, waarvan die byeboer verdink word, waarin ’n plaaswerker en sy kleinkind vermis raak, word die katalisator wat verskeie karakters se agenda en eindelik ook die herkoms van die byeboer ontbloot.

Stander se verhaal is genuanseerd en weerspieël behoorlike kennis van die omgewing en landbou. Haar gebruik van ’n reeks vertellers maak dit ’n ryk ervaring en die stemme van oud en jonk, wit en swart is kontemporêr en oortuigend.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER