Wikkels kry ’n verrassingspakkie en binne-in is ’n Marsman van jellie, ’n stokkielekker en ’n Ander Ding toegedraai in papier.

Dié kan hy nie oopmaak nie, want in die een hand het hy ’n ballon en in die ander die stokkielekker. Dan tref ’n ellende hom . . .

Mick Inkpen is ’n topverkoperskrywer en -illustreerder van kinderboeke, en grootmense kan hulle net verbeel waarom kinders so verlief raak op sy karaktertjies.

Dis moontlik die eenvoud en sagte kleure, maar waarskynliker die “menslikheid” wat ingeteken word vir ’n karaktertjie soos Wikkels.

Dié twee boeke, wat in Afrikaans vertaal is deur Shané Kleyn, is geskik vir almal onder vyf en vir diegene wat al begin om hulself saans aan die slaap te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.