In hierdie meesleurende storie oor die grootwordjare van Elly Maud bekyk ons die lewe deur haar wyd oop oë en kry ons haar skreeusnaakse blik op die wêreld.

Ellie is in 1968 gebore en woon saam met haar ouers en geliefde broer, Joe, in Essex, Engeland.

Toe Joe uitvind sy is seksueel gemolesteer deur ’n buurman, belowe hy om vir niemand te vertel nie. Hy koop vir haar ’n wit haas, wat sy God noem. Haar beste maatjie is Jenny Penny, ’n vreemde meisie wat nêrens inpas nie en wat sy met ’n swaar hart agterlaat toe hulle trek.

In die tweede deel van die boek is Elly 37 en werk sy as skrywer in Londen. Joe woon in New York en tydens die 9/11-terreuraanvalle gebeur iets wat die band tussen hulle in gevaar stel.

Hierdie boek, wat een van die finaliste op Exclusive Books se Boekepryslys is, lees so maklik soos wat dit is om ’n boks springmielies te eet.

Maar daaragter lê ernstige kwessies en hartseer. Jy gaan soms kliphard lag en soms dalk ’n bietjie huil.

WHEN GOD WAS A RABBIT DEUR SARAH WINMAN

Headline Review

Ons dink: 4/5

KLIK HIER of gaan na www.kalahari.com om te bestel.

Volg Huisgenoot op Twitter.