Ons dink: 3/5

Nelle Dreyer was die eerste supermodel wat ek in lewende lywe gesien het. Dit was die middel 70’s en ek het as stilis vir fotograwe gewerk. My mond het omtrent oopgehang.

Ek het nog nooit iemand so mooi, so maer, so lank, so vriendelik en so intelligent ontmoet nie. In die Tuine, waar ek haar ontmoet het, het sy in die 50’s en 60’s grootgeword, sy het skoolgegaan aan Jan van Riebeeck en toe Stellenbosch toe gegaan om BA Handel te studeer.

Voorbladnooi van Pleinstraat tot Parys bestaan uit twee dele. Die eerste handel oor haar ietwat boheemse jongdae. In dié deel vertel sy van haar eerste fotosessies vir destyds se belangrikste vrouetydskrifte: Sarie, Rooi Rose en Fairlady.

Dié deel is vir my ’n bietjie te langdradig en plek-plek oninteressant.

In die tweede, interessante deel vestig sy haar internasionaal as model en is sy totaal eerlik en onsentimenteel oor die glans- en ook die woeste lewe van ’n topmodel.

Sy werk met topfotograwe en poseer in klere van topontwerpers, maar tree op 31 uit die modelbedryf.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER