Cato sit op die vliegtuig op pad van Londen terug na Suid-Afrika waar sy ’n teaterrestaurant op Stellenbosch gekoop het.

Sy is 29 en ’n weduwee. Langs haar sit ’n man wat nuuskierig uitvra oor die aantekeninge wat sy sit en maak.

Cato vertel hom kortliks wat haar oorgekom het, maar anders as die simpatiebetuigers in haar lewe is hy suinig met sy woorde, selfs sinies oor haar situasie.

Eers die volgende oggend herken sy die sensuele man as ’n bekende sanger wie se CD’s sy en haar man versamel het.

Die vliegtuig land, hulle groet en Cato se nuwe alleenlewe begin.

Wilna Adriaanse se lesers het Cato leer ken in ’n vorige roman, Met Ander Woorde, toe sy en haar vriendinne

Kristina en Helen nog studeer het.

Nou is dit vyf jaar later en hulle leer hoe anders die “grootmenslewe” as hul sorgelose studentedae is.

VIER SEISOENE KIND, DEUR WILNA ADRIAANSE

Tafelberg, R190

Ons dink: 3/5