Lees die boek se ondertitel en die ingeligtes weet wat om te verwag: Stories en Sêgoeters van Fanus Rautenbach.

Vir dié wat nie weet nie: Ons het hier te make met die woordtoorder, binnepretgewer, president van Flinkveria, Sy Edele Fanus Rautenbach.

Danie Botha skryf hy het verlede jaar toe hy twee boeke van Fanus geresenseer het, verneem meer as 200 van sy verhale het in tydskrifte verskyn.

Hy het op die plek besluit om van hulle byeen te bring en so het Tien uit Tien ontstaan – ’n keur van verhale wat van 1953 tot 1956 in Huisgenoot onder die skuilnaam Fanus Bach verskyn het.

Ja, dis nostalgies, maar die temas en skryfstyl bly oorspronklik.

Van Fanus se spreuke verskyn hier, asook ’n ernstiger afdeling, Alle Grappies op ’n Stokkie, en laastens vrolikhede uit Kieriekasteel.

Tien uit Tien versamel deur Danie Botha

Tafelberg

Ons dink: 3/5

WEN Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van Tien uit Tien wen* .

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 18 November om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50.

Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne 'n redelike tyd afgelewer word.