“Wynand Vermaak se mond proe na Colgate en Coke. Mint-Cola.”

As jy soos die heldin in dié verhaal te lui is om te praat, want jou tong is nog lam gesoen, gaan jy verstaan waaroor die kortverhale in dié boek gaan. Liefde, ridders op wit perde, gebroke harte . . .

Die moderne taal en tema sal die boek ook lekker leesstof maak vir jonger Engelse leerders wat sukkel met vervelige voorgeskrewe boeke.