Die roman speel af in ’n toekoms waar die wêreld deur die Elites beheer word.

Hulle is ’n ras wat bio­logies ontwerp en gebou is met allerhande ekstras wat aan hulle bomenslike krag, buitengewone intelligensie en uitsonderlike seksuele vermoëns gee. Boonop is hulle beeldskoon.

Hays Baker en sy vrou, Lizbeth, is Elites. Hulle sien neer op mense en praat van hulle as “skunks”. Hulle sien uit na die dag wanneer hierdie minderwaardige groep volledig uitgewis is.

Die paartjie het ’n volmaakte lewe tot Hays beseer word en dit blyk dat hy al die tyd ’n mens is.

Die voormalige nasionale held word die grootste vyand van die Elites toe hy die ondenkbare doen en met die mense saamspan om hulle van uitwissing te red.

Ek hou gewoonlik van Patterson se romans, maar ek moet bieg ek moes myself dié keer dwing om klaar te lees. Dié “futuristiese riller” was maar bra onoortuigend.

Maar ek is seker sy grootste aanhangers sal bereid wees om hom die tekortkomings te vergewe.

TOYS DEUR JAMES PATTERSON en NEIL McMAHON

Random House

Ons dink: 2/5

KLIK HIER en bestel jou boek vanaf kalahari.net vir R207,95

Volg Huisgenoot op Twitter.