Ons dink: 3/5

Die topverkoperskrywer John Grisham kook nog lekker drama op in die tweede aflewering van sy Theodore Boone-reeks wat op tieners gerig is. Toe Theo se maat April verdwyn, is hy vasbeslote om die geheim op te los.

Waarvan ek in die roman gehou het, was dat daar min karakters is; dus kon Grisham hulle volrond beskryf en regtig lewensgetrou maak.

Hoewel die boek nie gewelddadig is nie, sal ek dit net aanbeveel vir kinders ouer as 13 jaar, want die regs-aspekte sal sekerlik bo jonger kinders se vuurmaakplek wees.

Die lekker ding is dat jy hierdie boek kan geniet sonder dat jy die eerste een gelees het. Die pas van die Boone-reeks is vinnig en daar’s allerhande onverwagte kinkels.

Ek dink dit gaan ’n groot treffer word en dalk word Grisham net so gewild onder tieners as onder grootmense.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER