In Homeros se Iliade is daar ’n toneel waar die Griekse held Achilles bitterlik treur oor sy gevalle kameraad Patroklos en weier om afstand te doen van sy liggaam.

Hieruit het Madeline Miller ’n hele verhaal geskep oor die reis van hierdie twee mans van hul seunsdae tot die slagveld van Troje.

Die jong prins Patroklos, ’n alleenloper, word verban na Phthië, waar hy maats maak met die pragtige Achilles, die seun van koning Peleus.

Toe Achilles weggestuur word om verder te gaan leer, agtervolg Patroklos hom en hul vriendskap verdiep tot ’n liefdesverhouding wat hulle tot die bitter einde deurdra.

Dan word Helena van Sparta ontvoer en Achilles moet Troje toe gaan om haar te gaan red terwyl hy weet sy lot is om daar te gaan sterf.

Moenie dat die antieke Griekse agtergrond jou afskrik nie. In haar debuutroman laat die skrywer hierdie wêreld voor jou oë lewe sodat dit ’n liefdesverhaal word wat jy met groot moeite neersit.

THE SONG OF ACHILLES DEUR MADELINE MILLER

Bloomsbury

Ons dink: 4/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.