“My naam is Talia Prinsloo en ek dink nie meer alles gaan oukei wees nie. Daar is fout met my. Fout met my lewe. Ek weet nie meer hoe om sin te maak van enigiets nie.”

So begin hierdie 29-jarige vrou se storie. Toe besluit sy op ’n dag waar sy voor haar klaskamervenster staan dat sy gaan begin stap. Nie ’n groot stappery ten bate van liefdadigheid of om sodanig fiks te word nie, nee. “Ek wil stap omdat ek geskei is.”

Talia het die vorige jaar uitgevind haar man verneuk haar en sedertdien het haar lewe soos handomkeer verander.

Sy en haar dogter moes die rieme fyn leer sny, soos om “kommin” sjampoe te begin gebruik en sonneblomolie te koop in plaas van olyfolie soos sy gewoond is, maar sy beur voort.

Gelukkig is daar in Talia se lewe ook goeie vriende, ’n gesteelde sigaretjie af en toe en genoeg rooiwyn . . .

Dis ’n heerlike Saterdag-opkrul-op-die-bank-boek.

Talia vat grond deur Melissa Sharneck

Quellerie

Ons dink: 2/5

Volg Huisgenoot op Twitter.