en is waarskynlik veral geskik vir die jonger generasie.

Die styl en uitleg van die boek herinner ’n mens aan ’n websoektog, voordele en nadele ingesluit. Daar word gereeld verwys na webtuistes (met volle webadresse en al) om verdere inligting te verskaf oor spesifieke fasette van die ondersoek na die buitenste ruim. Jy word byvoorbeeld gelei na Seti (Search for Extra-Terrestrial Intelligence) se webtuiste om meer uit te vind oor die mens se soektog na lewe hier.

’n Paar interessante onderwerpe rakende sterrekyk word gedek, soos die belangrikheid van perspektief en die gebruik van parallaks om astronomiese afstande te bepaal. Daar is ook ’n goeie oorsig van die planete in ons sonnestelsel en die stand van sterrekunde in Suid-Afrika.

Die meesleurendste tema is die herhaaldelike verwysing na plekke om te besoek en aktiwiteite om te geniet, soos ’n besoek aan Sutherland se wêreldberoemde sterrewag. Op ’n minder positiewe noot word ’n mens, soos op die internet, ook konstant blootgestel aan onverwante feite.

- Hannes Wiese