Die meester van die riller dis ’n hele paar verrassings op in dié vier nuwe novelles.

Die eerste een, 1922, is die meesleurendste: Wilfred Leland James, ’n boer van Nebraska, vermoor sy vrou met die hulp van sy 14-jarige seun en gooi haar lyk in ’n put wat wemel van die rotte. Die gevolge is verreikend en byna te erg vir woorde.

In Big Driver word die riller-skrywer Tess wreedaardig aangeval toe sy ’n kortpad vat huis toe. Sy sweer sy sal die skuldige terugkry – en sy doen dit!

Fair Extension draai om ’n kankerpasiënt wat ’n ooreenkoms aangaan met die geheimsinnige mnr. Elvid en dan ’n baie hoë prys moet betaal.

In A Good Marriage kom Darcy Anderson op ’n boks in die motorhuis af en besef haar liewe man is glad nie so lief nie.

King-aanhangers gaan hierdie stories opslurp.

Full dark, no stars deur Stephen King

Hodder & Stoughton, R180

Ons dink: 4/5