Dit is die verhaal van William Blakely (Billy) wat gekies word om vir die New Jersey Titans, ’n Amerikaanse bofbalspan wat

desperaat op soek is na ’n vanger, te speel.

Teen alle verwagtings in vaar hy uitstekend en blokkeer hy die tuisplaat so suksesvol dat hy die bynaam Blockade Billy kry.

Maar Billy steek ’n geheim weg wat uiteindelik daartoe sal lei dat elke detail van sy kort sportloopbaan uit die geskiedenis van professionele bofbal verwyder word.

Bofbalaanhangers sal die storie tien teen een verslind, maar as jy nie Stephen King se passie vir dié spel deel nie, hou verby.

Vir my was die bonuskortverhaal wat by die dun boekie ingesluit is, baie beter.

Morality is die storie van ’n afgetrede priester wat miljoene geërf het en wat die verpleegster wat hom versorg nadat hy ’n beroerte gehad het, betaal om namens hom te sondig.

Die gevolge vir al die betrokkenes is te verskriklik vir woorde.

Blockade Billy deur Stephen King

Hodder & Stoughton, R150

Ons dink: 3/5