’n Kind gaan dood op die oulike dorpie Dovedale in die Peak-distrik.

Teken in op Huisgenoot

Die speurder Ben Cooper, wat pro-beer het om haar te red, word toe op ’n traumatiese reis geneem wat hom tot in die verstrengelde binnekring van die meisie se familie neem – na plekke waar werklike en virtuele mense dikwels voorgee wie hulle is.

Tegelykertyd is sy kollega, speurder Diane Fry, besig met ’n reis van haar eie, terug na die strate van Birmingham waar sy grootgeword het, om ’n groepverkragtingsaak te ondersoek.

Die ondersoek het baie jare tevore doodgeloop.

Booth beskryf die plekke waar sy stories afspeel so goed dat dit amper karakters uit eie reg word.

The Guardian-koerant in Engeland noem hom nie verniet ’n meester van plattelandse speurverhale nie.

Dis sy 10de boek met Cooper en Fry as die hoofkaraters, maar jy hoef nie die voriges te lees om te verstaan wat aangaan nie.

Lost River deur Stephen Booth

Harper-Collins, R120

Ons dink: 4/5