Dit is die eerste Rebus-boek wat ek gelees het en sonder die agtergrond van sy vorige boeke was sy optrede en interaksie met van sy kollegas aanvanklik vir my effens moeilik om te begryp.

Rebus werk nou in die eenheid vir onopgeloste sake en brand om terug in die veld te wees. Toe ’n vrou wie se dogter ’n paar jaar gelede verdwyn het hom nader met ’n teorie dat ander verdwynings op dieselfde roete moontlik met mekaar verband hou, sien Rebus sy kans. Hy nader sy oudkollega Siobhan Clarke om dit te ondersoek en wurm homself in by die ondersoek, waar hy hom oudergewoonte min aan die reëls steur. Sy drinkery en verbintenis met die bendebaas Cafferty lei tot ’n botsing met ’n nuwe karakter, Malcolm Fox.

– Anneke Streicher

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.