Ons dink: 3/5

Het jy soms lus vir blink patats, skaaptjops, broodpampoen, melksnysels, groenboontjie-en-lamsbredie, gestoofde wilds-vleis, ’n lekker soet gebakte poeding?

Hunker jy na die dae toe die geurmiddels in die kombuis niks spoggeriger was as sout, peper, neut en ’n blertsie asyn nie?

Dis na dié tyd dat die sjef en onthaler Niël Stemmet ’n mens terugvoer in sy boek, wat hy ’n reis na erfeniskos noem.

“Wat is erfeniskos? Soos wat ek kan aflei, is dit kos wat aan huis gemaak is vanaf Jan van Riebeeck se aankoms tot met die vroeë 70’s, dit wil sê ’n tydperk voor MSG, voor TV-etes, voor ons boerekos verfomfaai het met soppoeiers en te veel geurgoed,” skryf hy in sy voorwoord.

En dan kom sy “storieboek” waarin hy kosherinneringe neerskryf uit die kombuise van sy voormense en vriende. Tussendeur gee hy resepte wat ’n mens kan proe deur jare se ervaring verfyn is tot die heerlikheid op jou bord. Niël skryf in ’n heerlike geselstrant.

Dis goed dat hy dié resepte opgeteken het sodat ook ’n nuwe geslag ’n feesmaal uit eenvoudige bestanddele kan leer berei.

Volg Huisgenoot op Twitter.