Ons dink: 3/5

Jaco Thom, ’n dominee van die Paarl, se gawe is om hom so goed in historiese tye in te verbeel dat dit vir sy lesers voel hulle loop self ook in die outyd rond. In sy jongste roman is dit nie die Ou Testament wat sy fokus is nie, maar die eindtyd en die afvalligheid wat vir dan voorspel word.

Thom weef ’n verhaal om die bose karakter Miklós Balázs wat Die Ware Weg verkondig en mense opsweep met beloftes van geld en voorspoed. Teenoor hom staan die goeie karakter, Jan Liebenberg, ’n teoloog van Stellenbosch wat gelowiges wil waarsku teen die sogenaamde ware weg en hulle wil voorberei op die wederkoms van Christus.

Om by te dra tot die konflik in die spanningsvolle verhaal is daar twee vroue in Jan se lewe: sy eks, Marlene, en Surita, wat hy nie uit sy gedagtes kan kry nie.

Die boek lees heerlik omdat Thom so ’n gemaklike vertelstyl het, maar bowenal ’n reuse verbeelding om mense, plekke en gebeure so lewenswaar te teken.

Volg Huisgenoot op Twitter.