Ons dink: 3/5

De Grendel teen die Tygerberg is ’n stuk lewende geskiedenis, vandag nog ’n vooruitstrewende boerdery met ’n uitsig tot Tafelberg oor ’n digbeboude woon-en-nywerheidslandskap.

Nie so lank gelede nie was daar geen fabrieke en huise nie, net alles die plaasgrond van die merkwaardige sir David de Villiers Graaff, ’n arm, plattelandse kind wat fabelagtig ryk geword het en boonop ’n groot rol gespeel het in die totstandkoming van die Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.

Ebbe Dommisse skets die man, wat al as vrygesel tot ridder geslaan is, as ’n rustelose siel: ’n boer, sakeman, politikus, wêreldreisiger en ook weldoener. Hy word die vader van ’n merkwaardige familie, aristokrate wat die vroeë dekades van die vorige eeu op baie vlakke beïnvloed het.

Sy seun, ook sir De Villiers Graaff, was van 1956 tot 1977 die ou Verenigde Party se leier, maar ook ’n vernuwende boer.

Die leser sal kennis maak met die vergesigte van mense wat groot gedroom het. Dis boeiende geskiedenis wat deeglik nagevors is.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER