Ons dink: 4/5

Jy weet jy gaan lekker lees as jy op die agterblad loer en pleks van grootbek uitlatings oor die boek en die skrywer, aanhalings oor jouself kry.

“Jy’s my gunsteling-leser. Ooit,” skryf Ellen. “Sjt . . . moenie vir die ander lesers vertel nie.”

Die boek, wat ’n kruising is tussen ’n outobiografie en ’n selfhelpgids, bestaan uit hoofstukke waarin die aanbieder van ’n TV-kletsprogram lukrake dinge bespreek wat sy oor die lewe geleer het.

Dit sluit in raad soos: “Wees wie jy werklik is. Omhels wie jy is. Letterlik. Gee jouself ’n drukkie. Aanvaar wie jy is – tensy jy ’n reeksmoordenaar is.” Dit sluit ook staaltjies in oor haar familie en vrou, Portia de Rossi.

Omtrent elke hoofstuk het my laat skaterlag. Enigiemand wat mal is oor Ellen, sal hierdie boek vermaaklik vind en dit in ’n japtrap deurlees. Maar as die komediant op jou senuwees werk, hou maar eerder verby.

Waarskuwing: Dis nie ’n goeie idee om hierdie boek in die openbaar te lees nie. Jy gaan so hard lag dat ander mense sal dink jy’t jou varkies verloor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER