Die man wat hier die een storie ná die ander vertel, is oom Gysbert, eers Karoo-boer en nou dorpe­naar.

Teken in op Huisgenoot

Hy vertel van die tiervanger in die dae toe mense “nog glo vir die goed weggehardloop het, maar dit was in die goeie ou dae toe mense nog hard kon hardloop”.

Ieder geval, lang storie kort, natuurbewaring mor oor die boere wat slagysters stel en gif uitsit vir die tiere “wat so erg was soos ’n Egiptiese plaag”, en toe word Grundling uitgeroep om te kom help.

En hy kom met sy bakkie en sy handlanger en sy foks­terriër. En wat daai foksterriër se werk is om die een tier ná die ander aan te keer, sal jy nie glo nie.

Jy sal die boek moet lees.

Boerumoer deur Sarel Pieterse

Human & Rousseau, R160

Ons dink: 5/5

Wen een van drie kopieë van ­Boerumoer.

SMS die van van die skrywer, jou naam en adres voor 17:00 op 30 Desember na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die uitgewer moet die pryse aan die wenners stuur.