Agterop staan die “sterk kartonboek is perfek vir klein handjies”.

Teken in op Huisgenoot

Maar nou die dag stap ’n kollega by my kantoor in met haar 10 maande oue seun op die heup. Om hom te amuseer blaai ek deur Waar Bly Jy? en gee hom dit toe in die hand – en daar gaan dit reguit mond toe.

Ek dink nie babas kou altyd boeke omdat hul tandvleise jeuk nie; dalk is dit ’n manier om nader aan die mooi prentjies te kom!

My kollega vertel haar baba wou die volgende oggend steeds nie die boek los nie. Dis te verstane, want die eenvoudige prentjies is ideaal vir sy ouderdom.

Die idee is eenvoudig: Op een bladsy is byvoorbeeld ’n tekening van ’n hasie en op die bladsy langsaan word verduidelik dat hy in ’n snoesige hok woon. Dit is dus maklik om voor te lees en te wys wat alles op die prentjie aangaan.

So word ook verduidelik waar vark, olifant, beer, donkie en leeu woon.

Wat Eet Jy? is ook beskikbaar in hierdie oulike formaat. Die boekies is geillustreer deur Melanie Mitchell en in Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

WAAR BLY JY?

SSS

DEUR SARAH

ODEDINA

LAPA Uitgewers

R40