“Het jy nou heeltemal gek geword? Jy weet tog ek sal nie toelaat dat so ’n snuiter my versorg nie. Ek het tog uitdruklik gesê dit moet iemand met ervaring wees.”

Met dié woorde word Klaradyn ontvang in die kasteel van die baron in die noorde van Duits-Wes. En net soos hy onder ’n verkeerde indruk is oor sy verpleegster, so verwag sy ook die ou baron wat sy tevore in Windhoek verpleeg het, beslis nie hierdie aantreklike jong man nie.

Dis die storie Toe Kom Klaartjie, een van drie in hierdie omnibus van Sarah du Pisanie.

’n Prinses vir Somi is die opvolg op die gewilde Prins van die Duine en hierin is Ansie op soek na die mitiese stad Somi. Sy verloor amper haar lewe in die woestyn, maar ’n vreemdeling vind haar en laai haar op sy perd.

In die derde verhaal, Maroelas uit Libanon, bevind die 28-jarige Henning de Waal hom in ’n posisie waar hy na vier dogtetjies moet omsien. Gelukkig kom ’n seun, Bennie, hand bysit en die kinders is duidelik baie lief vir hom. Maar onder “sy” klere skuil in werklikheid die 19-jarige Benita.

Omnibus 2 deur Sarah du Pisanie

Jasmyn, R195

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.