Sylvie, ’n ma van twee wat pas ’n we­du­wee geword het, ontvang ’n laataandoproep van die spogskool waar sy op die raad is. Sy weet dit gaan iets wees wat sy nie wil hoor nie.

Sy het hard gewerk om die perfekte lewe wat sy geërf het, vol te hou: haar reputasie, die nalatenskap van die skool wat haar oupa gestig het en die statige ou familiewoning.

Toe haar aangenome seun, Scott, wat van gemengde ras is, betrek word by ’n skandaal wat lei tot die dood van ’n seun by die skool, word haar wêreld­jie op sy kop gekeer.

Om sake te vererger begin sy spioeneer op die dooie seun se pa.

In hierdie roman sien jy hoe moeilik dit is om regtig ’n band te smee met mense, hoe vinnige aannames by jou kan kom spook – en hoe ’n mens verras kan word oor mense wat jy gedink het jy ken as jy onder die oppervlak begin grawe.

Everything We Ever Wanted is ’n emosionele storie wat meesleurend vertel word deur die skrywer van All the Things We Didn’t Say.

Everything We Ever Wanted deur Sara Shepard

Harper, R118

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.