Die boodskap is van sy ma-hulle wat in Londen kuier en hom herinner om groente te eet, want hy kan nie net van hamburgers en tjips leef nie: “Ja, ja. Ek is 16 en sal self daaroor besluit, dink Lukas.”

Dis vakansie en hy pas mense se diere en huise op om ’n sakgeldjie te maak. Wat ’n gewone, maklike joppie is, verander soos handomkeer toe hy agterkom daar is by oom Sarel se woonstel ingebreek en met hul pos gesukkel nadat hy nog die vorige dag die kat daar gaan kos gee het.

In die koevert wat gevat is, is ’n foto van ’n ou huis met ’n breë stoep en ’n grafsteen in die tuin. Wie sou hierin belangstel en wie is die meisie wat langs die grafsteen staan?

Dis ’n spanningstorie wat lekker vinnig beweeg en in tienjariges en kinders wat effens ouer is, se smaak sal val.

Die Skat van Carlos da Costa deur Rudi Venter

Human & Rousseau, R94,95

Ons dink: 3/5

WEN: Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van Die Skat van Carlos Da Costa wen.

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 17 Maart om 17:00 na 34922. Elke SMS kosR1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne 'n redelike tyd.