Nou wat soek Rooikappie in die lelike eendjie se storie? Het sy vir hom ook ’n mandjie kos gevat?

Nee, dis twee verhale in een lekker boek met ’n verskil: Hier is twee bladsye vol plakkertjies wat kinders kan plak by sekere sleutelwoorde.

By die woord ouma kom daar byvoorbeeld ’n oulike ou tannie in pienk pajamas. Op hierdie manier leer kleintjies woorde uitken en hul hand-oog-koördinasie word ook aangewakker.

Daar is ook vragies wat die ouer of oppasser agterna vir die kinders kan vra om agter te kom hoeveel hulle ingeneem het en onthou.

Nog twee boeke is in die reeks te kry:Aspoestertjie & die Drie Varkies enGouelokkies en die Drie Bere & Die Gemmerbroodmannetjie.

Die boeke word aanbeveel vir kinders van vier en ouer, maar ek dink dis geskik vir selfs jonger peuters – as hulle al kan plak.

Rooikappie & Die lelike eendjie met illustrasies deur Jeanette O'Toole

Human & Rousseau R49,95

Ons dink: 3/5

WEN Drie lesers kan elk ’n stel van drie van hierdie boeke wen. 

SMS die naam van die dogtertjie wat rooi dra, jou naam en adres voor 3 Februarie om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.