Robert B. Parker, skepper van privaatspeurderSpenser – rof en onbeskof – van Boston, is verlede jaar oorlede. Gelukkig vir ons leef sy held voort.

Painted Ladies is die eerste van twee romans wat nadoods uitgereik word.Die tweede een is nog in die pyplyn.

Ek is gek oor Spenser en volg sy loopbaan nou al deur 38 romans – en kon nog nooit agterkom wat sy noemnaam is nie.

Net soos Raymond Chandler se Philip Marlowewat hou van skaak en gedigte, is Spenser sensitiewer as jou gemiddelde hardgebakte speurder. Hy’s ’n bokser en ’n goeie kok en hou van honde, oliebolle en koffie.

Maar dis sy gebrek aan aansitterigheid en terloopse litêre verwysings wat vir my so aantreklik is, en daarby ook sy selfvertroue en geloof in regverdigheid.

Al hierdie eienskappe word deeglik getoets in die nuutste verhaal oor ’n moord wat Spenser verspot laat lyk.

Painted Ladies deur Robert B Parker

Quercus, R220

Ons dink: 4/5