Die vierde roman deur die Johannesburg geboreRichard Mason speel in 1907 in Amsterdam af.

Dit is die storie van Piet Barol, ’n jong man wat vasbeslote is om die sosiale leer te klim om te ontsnap uit sy nederige agtergrond.

Toe Piet aangestel word as die privaat onderwyser van die seun van die ryk Vermeulen-Sickerts-gesin sien hy sy kans en span hy die volle arsenaal van sy sjarme in.

Die boek begin taamlik styf en kan sommige lesers vervreem met sy snobistiese toon, maar kort voor lank word ’n mens meegesleur deur die helder getekende karakters wat ’n fassinerende wêreld bewoon.

Mense wat gehou het van Mason se The Drowning People sal dalk die misterie-element van hierdie roman mis, maar byt vas deur die eerste helfte, want die res van die storie sal jou ryklik beloon.

Die skrywer het laat blyk sy plan is om ’n hele reeks met Piet Barol as hoofkarakter te skryf en nadat ’n mens hierdie “sjarmante derduiwel” eers ontmoet het, gaan jy uitsien na sy volgende verskynings.

HISTORY OF A PLEASURE SEEKER DEUR RICHARD MASON

Orion

Ons dink: 4/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.