Joonie is ’n jong meisie van Grassy Park met ’n sterk wil en ’n voorliefde vir pret. Haar lewe verander soos handomkeer toe sy swanger word.

Teken in op Huisgenoot

Sy het nie ’n sent op haar naam nie en nie die vaagste benul hoe om die situasie te hanteer nie. Sy vat die pad na Amerika in die hoop dat sy daar ’n toekoms vir haar en haar ongebore baba kan skep.

Daar begin sy aanpas by die lewe in ’n vreemde land by ’n tante oor wie sy aanvanklik gek is. Sy maak vriende, kry werk, begin uitgaan en begin heel tuis voel in Amerika.

Haar ballon word egter geprik toe die mense om haar minder betroubaar begin word. Haar ou se gedrag begin verander, sy Griekse ma is uiters streng, en ’n vreeslike familiegeheim kom op die lappe – en dit alles terwyl sy vir die eerste keer ma word.

Die nuutste uit Rayda Jacobs se pen is miskien nie haar beste nie, maar tog ’n lekker boek om te lees.

Joonie deur Rayda Jacobs

Jacana, R121

Ons dink: 3/5