Dié verhaal oor Margaret Beaufort, die ma vanHenry VII, is ’n opwindende kykie na die lewe van ’n vrou wat nie noodwendig beskou word as iemand wat ’n kernrol in die Tudor-geskiedenis gespeel het nie.

Toe sy 12 was, het sy met Edward Tudor getrou. En hoewel sy self steeds ’n kind was, het sy aan ’n seun die lewe geskenk ná ’n lang kraamproses met Middeleeuse vroedvrougebruike wat ’n mens skok.

Op 13-jarige ouderdom was sy reeds ’n ma en ’n weduwee. Om alles te kroon, is sy gedwing om van haar seun afskeid te neem en weer te trou om politieke redes.

Teen haar derde huwelik het sy haar lesse geleer, en sy stem toe in om te trou op voorwaarde dat seks nie deel van die ooreenkoms is nie.

Soos met die meeste van dié skrywer se boeke, is die politieke intriges boeiend, maar ’n mens sukkel om van Margaret te hou.

Haar dryfkrag ontneem haar van deernis. Dis nie die beste van Gregory se boeke nie, maar mense wat van historiese fiksie hou, sal dit geniet.

The Red Queen deur Philippa Gregory

Simon & Schuster, R180

Ons dink: 3/5