Jou vriende en familie is om jou tafel vergader en jy moet aankondig watter wyn julle gaan drink – laat dit jou in ’n sweet uitslaan?

As jy niks van wyn weet nie en te skaam is om te vra, moenie vrees nie. Met die 2011-uitgawe van John Platter se bekende wyngids sal jy nie ‘n voet verkeerd sit met wynkeuses nie.

Die nuwe hardebanduitgawe is propvol nuus, resensies en waardebepalings van meer as 6 000 plaaslike wyne.

Vir die wynkenners is die hoogtepunt die vyfsterwyne – dis die buitengewones wat gekies word ná ’n tweede ronde van proe. Vanjaar se voorste rooiwyn is die De Trafford Shiraz 2008 en die witte is Fleur du Cap Berg­kelder Selection Noble Late Harvest 2009.

Die afdeling waarvoor ons gewone mense op die uitkyk moet bly, is die bekostigbare en hoogs drinkbare “quaffers”. Die top-een hier vir 2011 is  Nederburg se Lyric 2010

Platter's South African Wines 2011 deur Philip van Zyl

John Platter SA Wine Guide, R160

Ons dink: 5/5