Hierdie CD-Rom, wat gemik is op 11- tot 15-jariges, is veel meer as net ’n woordeboek. Dis ’n tegnologies gevorderde multimedia-ervaring waardeur jy meer as 3 000 woorde en frases in sewe tale kan leer. En dis boonop pret.

Die woorde word in temas opgedeel en is vergesel van foto’s en illustrasies. As ’n mens hierop klik, hoor jy hoe om die woord uit te spreek in Engels, Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana en Pedi.

Jy kan ook kies watter tale jy wil aktiveer.

Hierby ingesluit is ’n frase van die dag en vyf interaktiewe speletjies – CrissCross, MemoryMatch, Ready-Steady-Spell, Wild­Guess en Word Detective. Dit help die leer­der met lees en skryf.

As jy moeg is om te sien hoe jou kinders ure mors met dom rekenaarspeletjies, bederf hulle met dié slim CD-Rom.

Pharos Multilingual Illustrated Dictionary

Pharos, R399,95

Ons dink: 4/5

WEN een van twee kopieë van die Pharos Multilingual Illustrated Dictionary.

SMS die naam van die uitgewer, jou naam en adres voor 16 Desember na 34922.’n SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne ’n redelike tyd afgelewer word.