Van Arende is drie reekse vervaardig: Sloet Steenkamp is as banneling op St. Helena in die Anglo-Boereoorlog aan ons bekendgestel. Kort ná sy stryd teen die Namas van “Duitswes” is van hom afskeid geneem.

Verlede jaar het hy teruggekeer, in boekvorm.

Die Rebellie van Sloet Steenkamp het weer ’n dramatiese hoogtepunt in ons geskiedenis verewig: Afrikaners se verset teen die regering wat hom tydens die Eerste Wêreldoorlog aan Britse kant geskaar het.

In Sloet Alleen herhaal die geskiedenis hom: Met die Tweede Wêreldoorlog kies die regering die Geallieerdes se kant. Dit bring die leeu in Sloet, die ewige rebel, na vore.

’n Paar van Sloet (nou ’n “Suidwester”) se ou vriende, soos PJ Buys en James Kerwin, en Annette, Sloet se vrou, is nog met hom.

Die pas is vinnig, die dialoog ’n oortuigende weer- spieëling van die verhaal se tyd en plek. Daar is onvergeetlike tong in die kies uitlatings, soos: “Mal oorlog, jy moet mense skiet wat jy nie eens ken nie.”

SLOET ALLEEN DEUR PAUL C. VENTER

LAPA

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.