Ons dink: 3/5

Emma ry in die bussie agter die een waarin haar seun en sy span is.

“Rugby-Saterdae het hul spesiale dag geword”, wanneer sy as besige paramedikus tyd het om langs die veld te wees wanneer haar kind speel.

Op die oomblik dat ’n SMS van hom met drie soene deurkom, hoor Emma skreeuende remme. Voor haar oë maak die bussie ’n ongeluk waarin haar kind sterf en sy word beseer toe hul bussie ook van die pad loop.

Wat hierop volg, is die verwagte trauma en hartseer ná ’n enigste kind se dood, maar dan kom ’n verdere chaos met Emma wat ’n verslawing ontwikkel, ’n oortreding begaan en André, haar man, wat wil wegkom van alles tuis en vir hom werk kry in Irak.

Elize Parker is bekend as skrywer van liefdesverhale en talle tydskrifverhale. Onthou Jy My? is die eerste boek in haar Offerkind-reeks wat handel oor ’n tweeling, Emma en Izak, wat by geboorte geskei word.

Die sensitiewe beskrywing en Christelike aanslag sal dit beslis by baie lesers gesogte leesstof maak.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER