Die trefferverhale van Sarah du Pisanie word weer saam uitgegee: Liefde Is ’n Sprokie, Erfgenaam vir die Baron en Prins van die Duine. En dis ook net betyds vir koue wat aan die kom is, want wat is lekkerder as om met sappige

liefdesverhale in die hand onder die duvet op te krul!

Al drie verhale speel in Namibië af – die land waar die skrywer vandaan kom en wat sy so helder beskryf dat dit

vir jou voel jy loop self deur hierdie woestynland.

Daar is Rina wat op ’n stuk van dokter Pieter se plaas buite Otjiwarongo boer, Chrissie, die oorwerkte kroegmeisie wat gekoop word om met baron Karl von Ludwiger te trou, en Marietjie Menanteau wat ontvoer word na die Kus van die

Dood.

Ons dink: 3/5