Myra Scheepers debuteer op 80 met ’n versameling Zoeloe-volksverhale wat sy opgeteken het. Sy het selfs vir koning Zwelithini sover gekry om die voorwoord te skryf van die bundel verhale wat nog net die ou Zoeloes ken. Myra het by die Woordfees op Stellenbosch vertel hoe sy tydens ’n skryfkursus moes sê watter soort voël sy is en hoekom dit niks anders as ’n arend kon wees nie.

“Die arend is die voël wat die oudste word. Wanneer hy 35 is, is sy snawel en naels uitgegroei, sy vere is gekoek en hy kan nie meer iets te ete vang nie. Dan het hy ’n keuse: Hy kan doodgaan of nie. Dan vlieg hy na ’n hoë rots. Hy kap-kap sy snawel weer skerp, pluk sy naels uit, pluk sy vere uit om plek te maak vir nuwes. Dan is hy op sy tweede lewenspan. “Ek is nou op my tweede lewenspan!”

– ELNA VAN DER MERWE