Nineveh, ’n nuwe luukse behuisingsontwikkeling in die Kaapse Skiereiland, is vervuil van vreemde goggas.

Hulle kom uit die gedreineerde moeras waarop die huise gebou is en veroorsaak dat niemand daar wil koop nie.

Die plek gaan agteruit en Martin Brand, die sjarmante ontwikkelaar met ’n groot liefde vir die bottel, verloor geld teen ’n stywe tempo.

Hy roep die hulp in van Katya Grubbs van Painless Pest Relocations, wat glo ongewenste kreature moet verwyder word sonder om doodgemaak te word.

Maar gou kom Katya agter haar pa, Len Grubbs, by wie sy haar nering geleer het en van wie sy al haar hele lewe probeer wegkom, het klaar vergeefs probeer om van die pestilensies ontslae te raak. En daarby is Nineveh nie wat ’n mens dink dit is nie . . .

Die boek gaan nou wel oor disfunksionele gesinne en peste, maar wemel van slim, donker humor en sal ’n kostelike komediefliek kan wees.

’n Mens hou van die Grubbs-klomp, en die uitbeelding van Nineveh as ’n soort Bybelse temapark verleen ’n magiese realisme. ’n Vermaaklike roman deur ’n talentvolle Suid-Afrikaner.

NINEVEH DEUR HENRIETTA ROSE-INNES

Umuzi

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.